Paul Burger het in 2015 besluit om ‘n fietsrybaan op die plaas Kolsvlei uit te lê wat lede van die publiek kan benut. Die vereistes vir deelname is die teken van ‘n vrywaringsvorm waarna die persoon eenmalig die baan kan toets. Indien die persoon dan belangstel om die fasiliteit verder te gebruik, kan hy/sy ‘n jaarlikse aansluitingsfooi betaal en sal dan die reëls asook ‘n “tag” ontvang wat bewys van lidmaatskap by Kolsvlei MTB & Hiking toon. Die baan bied ‘n verskeidenheid roetes van 15km – 25km aan. Die hoof fokus was aanvanklik fietsry, maar die roetes kan ook vir stap en draf gebruik word.
Daar word ook gereeld aktiwiteite op Kolsvlei gereël, onder andere ‘n nagrit, saamrygeleenthede op Saterdae, ‘n opedag in Oktober en dan die hoofaktiwiteit van die jaar, die Kolsvlei 100km MTB Uitdaging, wat jaarliks op 21 Maart aangebied word.
Vir meer inligting besoek gerus die Facebookblad – Kolsvlei MTB & Hiking of skakel Paul by 0825749550. Vir inligting omtrent die Kolsvlei 100km MTB Uitdaging – gaan kyk op die webblad : www.kolsvleimtb.co.za
[huge_it_gallery id=”7″]
Gebeurtenisse/ Events
  1. Piket Intro Ope

    March 2 @ 07:00 - 15:30
Save the Date..
  1. Piket Intro Ope

    March 2 @ 07:00 - 15:30